knoffel, na smaak
gemmer, na smaak
kerriepoeier, na smaak
klapper- of olyfolie
sout en swartpeper
tjirtsie suurlemoensap
1 ui, gekap
8 hoenderdye,verkieslik sonder vel
1 koppie hoenderaftreksel
1 blikkie klappermelk
1 groot mango, in blokkies gesny
Verhit die olie in ‘n potjie en braai die uie tot sag en gaar.
Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier en ‘n proesel suurlemoensap by, en braai vir ‘n minuut of twee.
Voeg die hoenderstukke by en braai totdat dit begin verbruin.
Geur die hoender met sout en peper na smaak.
Voeg die helfte van die mangoblokkies by die potjie, asook die blikkie klappermelk.
Plaas die deksel op en laat dit rustig prut vir 30 tot 40 minute tot die hoender gaar en sag is.
Voeg die res van die mango by, en laat dit prut sonder deksel vir 10 tot 15 minute tot die sous lekker dik is.
Bedien met vars gebakte roosterkoek of rys, ‘n bietjie vars koljander, ertjies of slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za