4 repe spek (met vet)
3 koppies (750ml) blokkies suurdeegbrood
2 soet perskes, in dun skywe gesny
verskeidenheid vars blaarslaai
250 g burrata-kaas
vars basiliekruidblare
Vinaigrette
½ koppie goeie olyfolie
¼ koppie mengsel van appelasyn en rooiwynasyn
1 eetlepel rou heuning
1 teelepel Dijon- of saadmostert
2 toontjies fyngedrukte knoffel
½ teelepel fyngedrukte rooipepervlokkies
¼ teelepel seesout
¼ teelepel vars gemaalde swartpeper
Braai die spek tot dit bros is. (Hou die uitgebraaide vet)
Plaas dit op ‘n papierhanddoek om te dreineer en af te koel.
Breek dit in fyn stukkies op.
Braai die blokkies suurdeegbrood in die spekvet totdat dit goudbruin is. (Indien nodig kan ‘n knerts olyfolie bygevoeg word)
Plaas dit op ‘n papierhanddoek om te dreineer en af te koel.
Sodra dit afgekoel het, plaas dit op ‘n bord en sprinkel seesout oor.
Skeur die slaaiblare in repe en plaas dit saam met die broodstukke, perskeskywe en burrata in ’n slaaibak.
Strooi die stukkies spek en basilieblare bo-oor.
Maak ‘n vinaigrette deur al die bestanddele in ‘n goed verseelde fles bymekaar te gooi en deeglik te skud tot alles gemeng is, en giet oor alles. Wat oorbly kan nog ‘n paar weke in die yskas gehou word.
Indien nodig, sprinkel nog seesout en swartpeper oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za