Gekaramelliseerde uie
30 ml (2 eetlepels) olyf- of avokado-olie
4 groot uie, gehalveer en in dun skyfies gesny
15 ml (1 eetlepel) gedroogde tiemie of 5 ml (1 t) komynsaad
45 ml (3 eetlepels) sagte bruinsuiker
45 ml (3 eetlepels) balsamiekasyn
sout en peper
45 ml (3 eetlepels) vars tiemieblare
Broodjies
botter om op broodjies te smeer
16 – 20 snye volgraanbrood
60 ml (¼ koppie) pesto van jou keuse
3 – 5 ryp tamaties, in skyfies gesny
250 – 350 g (1 – 1½ koppie) gerasperde wit cheddarkaas of 1 – 2 camembertkase, in skyfies gesny
1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n braaipan en soteer die uie stadig met die tiemie of komynsaad tot sag.
2. Voeg die suiker en asyn by en soteer die uie nog 10-15 minute tot heeltemal sag en gekaramelliseer. Geur na smaak. Roer die vars tiemie by.
3. Smeer brood met diebotter. Smeer van die pesto op elke tweede sny brood. Pak skyfies tamatie op die snye brood met die pesto, skep lepelsvol uie bo-op en verdeel die kaas tussen die broodjies.
4. Maak die broodjies toe en braai oor matige kole tot goudbruin en die kaas gesmelt is. As jy braaibroodjies as ’n ligte maaltyd eet, sit voor ’n paar avokadoskyfies.
Wenk: enige orige uie kan in ’n glasfles in die yskas gehou word.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za