1 pak nachos (aowat 250 g)
1 pakkie spek (250 g)
1 blikkie tamatie- en uiesmoor
2 avokados
ui, na smaak
blaarslaai, na smaak
Deense feta, na smaak
gerasperde Cheddarkaas, na smaak
sout en peper, na smaak
melk, na smaak
suurlemoensap, na smaak
Guacamole
Sny die ryp avokado’s in die helfte, verwyder die pit en skep dit in ‘n mengbak.
Gebruik ‘n vurk om dit saggies fyn te maak tot dit so grof/glad is soos jy verkies.
Voeg ‘n klein bietjie melk, sout, swartpeper en suurlemoensap by.
Nog opsies om by te voeg sluit in koljander en knoffel.
Roer alles saam en bedien in doopbakkies.
Nachos
Pak die nachos uit op ‘n groot plat bord/kleiner borde.
Braai die spek (saam met uie as jy wil).
Strooi die spek oor die nachos saam met fyngemaakte blaarslaai, tamatie- en uiesmoor, en fetakaas.
Bedek met gerasperde kaas.
Plaas in die oond tot die kaas smelt of goudbruin begin word.
Bedien die nachos met die guacamole as doopsous, en eet sommer met die hand.
Pas resep aan
Bedien met doopsouse van jou keuse.
Voeg mielies of rissies by die nachos, of jy kan die spek vervang met hoender- of beesmaalvleis.
Jy kan dit ook sonder vleis bedien as ‘n lekker vegetariese dis.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za