1 kg beeslendestuk of lam – enige vleis, in blokkies gesny (Schalk het een keer ‘n vlakvarkblad present gekry en ons het mense onthaal met vlakvarkkerrie)
2 groterige uie, grof gekap
3 groot tamaties, vel met kookwater verwyder (gedroogde tamatie geweek in ‘n bietjie witwyn is ook baie lekker saam met die vars tamaties)
2 groot handevol gedroogde geelperskes, kleiner gesny en geweek in witwyn
1 handvol gedroogde appelkose, kleiner gesny en geweek in witwyn
2 hoogopgehoopte eetlepels kerriemengsel
1 sakkie kerriekruie
Braai die kerriespesery en kruiemengsel liggies, en braai dan verder saam met die uie en vars tamaties.
Wanneer dié mengsel reg lyk (uie glaserig) word die vleisblokkies en die geweekte perskes, appelkose en gedroogde tamaties bygevoeg.
Die spulletjie prut nou vir ‘n uur of twee terwyl ‘n mens dit die heeltyd dophou en roer. Dit mag nie naastenby brand nie.
Benat met witwyn, balsamiese asyn of soetwyn – wat ook al beskikbaar is.
Proe die voltooide kerriedis en voeg dan sout na smaak by as dit nodig is.
Ná ongeveer twee ure se prut behoort die kerrie reg te wees. Laat dit dan staan tot die volgende dag.
Verhit die mengsel die volgende dag stadig om te verhoed dat dit brand.
As dit vloeistof benodig, voeg room en sjerrie by, of soetwyn – enige alkoholiese lekkerte wat byderhand is.
Bedien met rys en ‘n groenslaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za