12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 15:00

driesestig

Met Johan Rademan , Martelize Brink

Johan Rademan
Martelize Brink

Volgende: 15:00 - 15:05

Nuus

15:05 - 15:20

Middagvervolgverhaal

Tuis | Aanbieders | Martelize Brink
Martelize Brink

Martelize het in 2004 haar stem vir die eerste keer op RSG laat hoor. Sy hou haar besig met Oggend op RSG en dokumentêre programme.

Martelize se filosofie in die lewe is: Jy doen sleg wanneer jy niks goed doen nie.

Sy is op haar gelukkigste wanneer sy saam met vriende om ‘n tafel kuier met lekker kos en ‘n goeie glas rooiwyn. Musiek is haar passie en ‘n solokitaarsessie by die huis is net wat sy nodig het om die stres ‘n bietjie te laat wyk. Martelize is ook baie lief vir kook en is verslaaf aan oefening.

In haar vrye tyd tree sy gereeld as motiveringspreker en seremoniemeester op. “Dit lyk my mense voel ook ek het ‘n sekere vlak van wysheid om met die wêreld te deel,” sê sy.

Kinders lê Martelize ook na aan die hart, daarom sou sy graag wou betrokke raak by ‘n organisasie soos SOS Villages om kinders te help.

Program: driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: