½ koppie sultanas
2 eetlepels brandewyn
5 eiers
300 ml room
300 ml melk
¼ koppie strooisuiker
zest van 1 lemoen
1 teelepel vanieljegeursel
½ teelepel fyn kaneel
10 stewige snye witbrood of brioche
60 g sagte botter
1 eetlepel Demarara-suiker (taai bruinsuiker)
Verhit die oond tot 180 grade, en smeer ‘n oondbak met botter.
Verhit die sultanas en brandewyn in klein pan.
Klits die eiers, room, melk, strooisuiker, kaneel, zest en vanieljegeursel saam.
Smeer die snye brood met botter aan beide kante, en pak in lae met die sultana-en-brandewynmengsel tussen elke laag, in die oondbak.
Voeg die roommengsel bo-oor en laat dit rus tot die brood goed deurweek is (ongeveer 1 uur).
Strooi die Demararasuiker bo-oor, en bak vir ongeveer 30 tot 40 minute.
Bedien met room, roomys of vla.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za