6 groot aartappels, met skil aan
6 eetlepels botter
½ koppie roomkaas
1 koppie suurroom
1½ koppies melk
2 koppies gerasperde cheddarkaas
12 repe gebraaide spek, opgekap
1 eetlepel knoffelpoeier
8 sprietuie, opgekap
sout
swartpeper
Verhit die oond tot 200 grade Celsius.
Plaas die aartappels op ‘n bakplaat en bak tot sag (ongeveer 90 min). Verwyder en laat effe afkoel.
Sny die aartappels in halwes en verwyder die sagte vlees met n lepel en gooi die skille weg.
Room die aartappels tot sag met botter, suurroom en melk.
Meng die kaas, sprietuie, spek en knoffelpoeier saam en meng met die aartappels.
Sprinkel nog kaas bo-oor en bak teen 180 grade Celsius tot kaas gesmelt het (ongeveer 20 min ).
Bedien warm.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za