4 hoenderdye met vel en been
4 hoenderborsies met vel en been
Marinade
8 teelepel fyn gerasperde lemoenskil (3 tot 4 lemoene)
1 koppie lemoensap
¼ koppie sherrie
¾ koppie bruinsuiker (treacle)
3 eetlepels mosterd
2 eetlepels olyfolie
4 naeltjies
2 teeleels fyn kaneel
2 teelepels All Spice
2 teelepels fyn gemmer
4 heel steranys
sout en swartpeper na smaak
Vir garnering
lemoenskil
lemoenringe
steranys
bosbessies
gebraaide pynappelringe
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Plaas die hoenderstukke in ’n plastiekbak en bedek dit met die marinade.
Plaas die bak se deksel op, en plaas dit in die yskas vir 12 tot 24 uur.
Verhit die oond tot 200 grade Celsius.
Voer ‘n bakpan uit met ‘n dubbellaag foelie en plaas die hoenderstukke daarop.
Bak dit vir 30 minute en daarna vir nog 20 minute terwyl jy gereeld die pansous oor die hoender gooi.
Bak tot die hoender goed bruin en taai is.
Garneer en bedien met gebakte aartappels.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za