500 g volstruisfillet, in blokkies gesny groot genoeg vir sosaties
halwe soetrissie, in skywe gesny
halwe geelrissie in skywe gesny
1 pers ui, in skywe gesny
1 medium murpampoentjie, in skywe gesny
4 lang sosatiestokkies
Marinade
1 koppie olyfolie
½ koppie sojasous
¼ koppie rooiwynasyn
4 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel mosterdpoeier
2 eetlepels Worcestersous
1 teelepel droë pietersielie
1 teelepel knoffelpoeier
sout en swartpeper
Ryg die volstruisblokkies, soetrissie, geelrissie, murpampoentjie en uie in op sosatiestokkies.
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Plaas die sosaties oornag in die yskas in die marinade in lugdigte houer.
Braai op rooster of in die oond tot gaar.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za