1 kg lamsvleis (of bees), opgesny in blokkies
2 medium pers uie, fyngekap
3 knoffeltoontjies, gekerf
2 medium wortels, 1 cm dik gesny
1 blik gekapte tamaties
2 teelepels tamatiepuree
1 eetlepel droë oregano
2 lourierblare
½ teelepel paprika
1 teelepel suiker
2 glase rooiwyn
½ koppie olyfolie
250 g orzopasta
fetakaas
pietersielie, opgekap
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en braai die uie, knoffel en wortels saam.
Verhoog die hitte en verbruin die lamsblokkies sodat dit goed seël.
Roer die tamatiepuree, rooiwyn, geblikte tamaties, suiker, lourierblare, oregano en paprika by.
Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 45 minute.
Voeg die orzopasta by en roer dit goed in.
Laat dit vir nog 30 minute prut met die deksel op.
Voeg nog vloeistof by indien nodig.
Krummel die feta en sprinkel die pietersielie b0-oor, en bedien net so uit die pan.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za