1¼ koppie warm water (nie kookpunt nie)
2½ teelepels droë gis
1 eetlepel suiker
¾ koppie Griekse jogurt
2 eetlepels olyfolie
2 teelepels growwe sout
3¾ koppie meel
¼ koppie fyngekapte pietersielie
Voeg die gis, suiker en water in ‘n groot mengbak, en meng goed.
Plaas die bak in die son of ‘n beskutte area vir 5 – 10 minute tot fit begin gis.
Meng die jogurt, olyfolie en sout by, en voeg dan meel en pietersielie by, en meng goed.
Strooi meel liggies op ‘n werksoppervlak, en knie die deeg goed deur – ongeveer 5 minute.
Verdeel die deeg in 10 gelyke porsies (balle) en laat dit vir 15 minute rus.
Verhit ‘n nie nie-kleef-pan op die stoof.
Rol die deegbolle uit in ‘n sirkel van 5 mm dik.
Borsel die sirkels met olyfolie, en braai vir 1 tot 2 minute aan elke kant.
Bedien met tuisgemaakte olyf- en-Peppadew-tapenade – meng gelyke hoeveelhede ontpitte gekapte olywe en Peppadew en knoffel (na smaak) saam, en smeer liggies op die brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za