2 koppies meel, gesif
2 teelepels bakpoeier (gelyk geskraap)
1 teelepel koeksoda (gelyk geskraap)
4 teelepels fyn gemmer (opgehoop)
½ teelepel sout
1½ koppie wit suiker
4 eiers
5 eetlepels olie
7 middelslag wortels, grof gerasper
2 koppies okkerneute, in klein stukkies gebreek
1 koppie versuikerde gemmerstukke, in kleiner stukkies gesny
Versiersuiker
½ bakkie gladde maaskaas
4 eetlepels versiersuiker
1 teelepel vanieljegeursel
1 teelepel mielieblom (Maizena)
250 g roomkaas
Verhit die oond tot 170 grade Celsius.
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, fyn gemmer en sout in ‘n mengbak.
Klits die suiker, eiers en olie saam in ‘n ander mengbak.
Voeg die meelmengsel stadig by die eiermengsel.
Voeg die wortels by, en dan die neute en gemmerstukke.
Skep die deeg in twee gesmeerde oondpanne, en bak vir 30 tot 35 minute.
Toets met ‘n mes om te sien of dit gaar is – dit moet nie te droog wees nie, die mes moet steeds klam wees.
Versiersuiker
Meng die maaskaas, versiersuiker, vanieljegeursel en mielieblom goed saam.
Breek die roomkaas in stukke en werk dit in by die res van die bestanddele tot ‘n gladde, romerige tekstuur.
Versier die koek eers wanneer dit heeltemaal afgekoel het.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za