Bedien 4 – 6
1,2 kg salmfilet
100 g gesoute botter
5 ml sout
10 ml / 1 teelepel Sichuanpeper of gewone peper
5 ml gerookte rissievlokkies of gerookte paprika
2 ml / ½ teelepel koljandersaad, liggies gerooster en gemaal
2 ml / ½ teelepel komynsaad
sap van 1 suurlemoen
Berei ‘n vuur of ketelbraai voor, en laat die kole tot medium afkoel – salm benodig ‘n sagte hitte.
Spuit die rooster met kleefwerende sproei om seker te maak dat die vis nie aan die rooster vassit nie.
Geur die salm aan albei kante met die sout, en plaas dit op die rooster.
As jy die ketelbraai gebruik, gebruik die indirekte metode, m.a.w die kole is aan weerskante en nie onder die vis nie.
Smelt die botter in ‘n klein potjie en voeg al die ander bestanddele by die gesmelte botter.
Gebruik die bottermengsel om die salm te bedruip terwyl dit braai.
Sit dit voor met botterige pap, mielies op die vuur en marog.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za