Maklik, vinnig, smaakvol. Hierdie smaaklike hoenderrepies kan as hoofgereg of bygereg bedien word. Voeg dit by ‘n slaai, pasta, gegeurde rys, biryani, gebakte groente, of ‘n gebakte aartappel. Dit werk selfs op ‘n toebroodjie!
Genoeg vir 2 – 4 mense
Voorbereiding: 10 minute
Marineer: 10 minute
Gaarmaak: 5 – 10 minute
Wenke
Sit die hoenderrepies warm of teen kamertemperatuur voor.
Geur met ekstra sout en swartpeper, na smaak (indien nodig).
Garneer met vars suurlemoen- of lemmetjiewiggies en kruie van jou keuse.
Probeer ook die resep met blomkool of sampioene vir ’n vegetariese opsie.