botter
dik snye brood
beleë cheddarkaas of cheddar met ‘n skerp geur
basiliekruid
tamatie, in dun skyfies gesny
ui, in dun ringe gesny
mozzarellakaas
Aromat
groentespeserye
rissievlokkies (opsioneel)
sout en peper
Smeer die botter aan die binnekant van twee snye brood, nie die buitekant soos baie mense dit doen nie.
Plaas ‘n paar basiliekruidblare op die botterkant van een van die snye brood.
Pak ‘n paar skywe cheddarkaas bo-op die basiliekruid.
Sprinkel Aromat op die botterkant van die ander sny brood.
Pak ‘n paar skywe mozzarellakaas bo-op die botter met die Aromat.
Plaas tamatieskywe en uieringe tussen die twee snye gebotterde brood en kaas.
Sprinkel groentespeserye en/of rissievlokkies op die tamatie en uie.
Plaas die twee snye brood met die vulsel op mekaar en plaas die broodjie in ‘n toeknyprooster.
Braai die broodjies stadig vir 3 tot 4 minute sodat die kaas eers kan smelt.
Laat sak die rooster en braai verder oor lae hitte en draai gereeld tot die broodjie goudbruin is en die geure van die vulselbestandele mekaar ten volle komplimenteer.
Haal van die rooster af en eet dadelik saam met ‘n tjoppie en ‘n worsie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za