Genoeg vir 2 mense
Hierdie dis is geïnspireer deur my kinderdae. Een van my tannies is getroud met ‘n Chinese man, en dis in hulle kombuis waar ek vir die eerste keer blootgestel is aan Chinese kos. Van die eerste happie af was ek verlief op die geure. Ek het gereeld by hulle in die kombuis gekuier, en dan by die huis gaan eksperimenteer. Dis presies wat ek met hierdie dis gedoen het. Ek het al daardie kennis, asook nuwe truuks wat ek geleer het en van my gunsteling bestanddele bymekaar gegooi, om hierdie dis aanmekaar te sit. Indien jy ‘n metgesel met ‘n maklike en geurige dis wil beïndruk, is hierdie die perfekte een. Paar dit met glas Shiraz en jy het ‘n wenner. Glo my, dit werk!