6 – 8 groot aartappels, geskil
olyfolie
droë oreganum
ongeskilde knoffel, of gekapte knoffel
sap van 2 suurlemoene
2 eetlepels Dijon-mosterd
fetakaas
vars oreganum
brandrissie-olie (opsioneel)
Kook die aartappels vir sowat 8 minute vanaf kookpunt, of tot ‘n mes daardeur kan steek. Dit moenie pap wees nie.
Sny dit in wiggies.
Plaas dit in ‘n oondbak met olyfolie, droë oreganum, ongeskilde knoffel (of reeds gekapte knoffel), sout, suurlemoensap en die mosterd.
Meng dit, en bak tot dit goud en krakerig is.
Gooi feta en vars oreganum oor.
Vir ekstra smaak (as jy hou van iets met ‘n brand), gooi bietjie brandrissie-olie oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za