Hierdie sous is anders as die tradisionele peri-peri sous wat ons ken. Dit vars, pikant, en ‘n baie sexy sous. Sexy, omdat dit al jou smaakkliere aanwakker. Ek het dit altyd gereeld by my kosmarkte aangebied met gebraaide steak of hoender. Dit is regtig besonders en herinner my aan die Argentynse chimichurri, alhoewel dit tog anders is.