Tandoori-smeer
200 g koljander, opgekap
6 knoffelhuisies, gerasper met olyfolie bygevoeg
4 vars groenrissies, opgekap en saad verwyder
1 eetlepel geroosterde, fyngemaalde koljander
1 eetlepel borrie of vars opgekapte borrie
60 ml suurlemoen- of lemmetjiesap
120 ml olyf- of kokosneutolie
Groentesosaties
murgpampoentjies
groen jong skorsies
mange tout (ertjies)
Brusselse spruite
broccoli
Raita
½ komkommer, ontpit en opgekap
handvol kruisement, opgekap
1 koppie dubbelroom jogurt
2 knoffelhuisies, gerasper
1 eetlepel olyfolie
Tandoori-smeer
Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker, en meng tot ‘n gladde smeer.
Groentesosaties
Gebruik enige groen groente en pas die hoeveelheid aan volgens die aantal gaste.
Week bamboessosatiestokkies oornag in water.
Ryg die groente op die stokkies in, en marineer met die tandoori-smeer.
Braai op ‘n warm vuur.
Bedien saam met die raita en 'n platbrood.
Raita
Meng al die bestanddele, en plaas in die yskas vir ‘n halfuur tot ‘n uur.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za