4 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis
1 teelepel sout
2 eetlepels olie
350 ml lou water
Moontlike vulsels
Tamatie en uiesmoor, of tamatiepasta as basis.
Hoender, wors, salami, ham, spek, biltong, pepperoni, tuna.
Sampioene, aspersie, olywe, artisjokke, geroosterde rooi soetrissies, uie, groenrissies, jalapenos, spinasie, kersietamaties, stampmielies, suikermielies, ertjies, avokado, pynappelstukke, swartbone, vars basiliekruid, knoffel, spruite, kappertjies.
Grysneut (butternut) en bloukaas (Dis ‘n unieke kombinasie wat jou smaaksintuie sal laat bollemakiesie slaan)
Enige of alle soorte kaas (cheddar, mozzarella, feta, parmesaan)
Vir diegene wat pizza vir nagereg wil hê – i.p.v. tamatiepasta gebruik ‘n sjokolade- of karamelsmeer en kombineer dit met sjokoladeblokkies, Smarties, mini-malvalekkers, geroosterde klapper, gevlokte amandelstukkies en/of piesang.