2 kg vark, in blokkies gesny
4 uie, in ringe gesny
3 knoffeltoontjies, gekap
2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel borrie
5 loerierblare
4 eetlepels suiker
2 eetlepels Maizena
2 koppies asyn
2 koppies water
1 koppie blatjang
1 koppie appelkooskonfyt
gedroogde appelkose
Braai die uie en knoffel.
Voeg die kerrie, loerierblare, borrie, suiker en asyn by.
Meng die Maizena en die water.
Voeg dit by die kerrie.
Sodra dit begin borrel, voeg die blatjang en appelkooskonfyt by.
Kook dit deur en laat dit afkoel.
Voeg dit oor die vleis, plaas dit in die yskas en roer elke dag om.
Marineer die vleis vir mintsens 5 dae – die lekkerste is as jy dit sewe dae lank marineer.
Sit heel appelkose tussen die vleisblokkies as jy die sosasties maak.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za