6 koppies groente- of hoenderaftreksel (hou dit warm – dit sal help dat die temperatuur konstant bly elke keer wanneer jy van dit by die mengsel voeg)
3 eetlepels olyfolie
2 medium wit uie, opgekap
2 toontjies knoffel, opgekap
1½ koppie Arboriorys
½ (of 1) koppie droë witwyn
500 g bruin sampioene, in skywe gesny
500 g wit sampioene, in skywe gesny
500 g ander sampioene soos oester, shiitake en maitake, opgesny
100 g botter
3 eetlepels pietersielie
3 eetelepels sprietuie
½ koppie vars gerasperde parmesaankaas
sout en peper na smaak
Gebruik twee eetlepels van die olie, en braai die uie en knoffel tot dit sag (nie bruin).
Voeg die derde eetlepel olie by en dan die rys.
Braai die rys saam met die uie en knoffel totdat dit half deurskynend is – ongeveer 5 minute.
Voegt die die witwyn by.
Voeg 1 koppie van die aftreksel by en laat dit kook – die rys sal die vloeistof begin absorbeer.
Voeg nog ‘n koppie aftreksel bietjie-vir-bietjie by, en roer gereeld om seker te maak dit brand nie aan nie. Arborio-rys is ekstra styselagtig, so dit kan baie makliker brand as gewone rys.
Dis belangrik om die vloeistof in klein hoeveelhede by te voeg sodat dit maklik in die rys kan intrek, want hoe vinniger die vloeistof geabsorbeer word, hoe romeriger sal die mengsel wees.
Wanneer die vloeistof heeltemal in die rysmengsel ingetrek het, voeg die sampioene by.
Voeg die oorblywende vier koppies aftreksel bietjie-vir-bietjie by, en roer gereeld totdat al die vloeistof geabsorbeer is.
Die rys moenie te sag of pap wees nie, dit moet nog bietjie van ‘n kou hê soos pasta wat ‘n mens op die korrekte manier gaarmaak (al dente) – dit sal so 45 minute neem.
Voeg die botter, pietersielie en sprietuie by, en dan die parmesaankaas.
Bedien dadelik.
As daar van die risotto oorbly, maak klein rysballetjies, en bak dit vir 30 minute teen 200 grade Celsius.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za