In ʼn pot of diep pan, braai uie in 2 eetlepels olie langsaam tot sag en goudbruin, met die deksel op.
Voeg kool by en braai tot sag en ook effens verbruin is. As die kool gaar is, maak ʼn holte in die middel terwyl jy die kool tot teenaan die kant van die pot skep. Plaas botter in pot, gevolg deur vinkelsade, knoffel, heuning en rissievlokkies. Braai vir ʼn paar minute en plaas dan die frikkadelle in die middel van die pot. Braai die frikkadelle tot bruin aan albei kante en meng dan alles saam deur. Geur met sout en peper. Prut vir omtrent 10 minute.
Voeg nou suurlemoensap en neutmuskaat by, roer deur en skakel stoof af.
Bedieningsvoorstel: Bedien gereg met wit rys en beet-en-uie slaai.
NOTA: Vinkel en varkvleis is pasmaats in enige gereg en die byvoeging van knoffel, rissievlokkies en heuning, maak dit iets besonders. Die heuning verleen nie ʼn soet smaak aan die gereg nie, maar sorg vir ʼn goeie balans tussen al die geure.