Wenke vir in en om die huis en kombuis
Gebruik anchovis i.p.v. roosmaryn wanneer jy ‘n skaapboud geur. Dit sal dit nie ‘n visgeur gee nie. Lochie sê dis ‘n geur soos niks anders wat jy ken nie.
As daar witwyn oorbly waarmee jy later wil kook, gooi n bietjie olie op die oppervlak om te keer dat dit suur word.
Plaas gevriesde druiwekorrels in witwyn om dit koud te hou, sonder om dit te verdun.