2 x 85 g blikkies Lucky Star Gerookte Mossels, gedreineer
2 x 425 g blikkies Lucky Star Middlecut, gedreineer en in happiegrootte stukkies verdeel
1 eetlepel (15ml) olyfolie, vir braai
1 ui, geskil en opgesny
1 prei, in die lengte gesny, gewas en opgesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
1 klein chorizo-worsie, dun opgesny
2 tamaties, gekap
1 teelepel (5 ml) borrie
400 g kortkorrelrys
4 – 5 koppies (1 – 1.25 liter) warm hoenderaftreksel
200 g gevriesde ertjies
handvol platblaarpietersielie, grof opgekap
sout en peper, na smaak
1 suurlemoen, in wiggies gesny
Verhit die olie in ’n groot, diep braaipan en soteer die uie, prei, knoffel en brandrissie vir 5 minute sonder om te verbruin. Voeg die chorizo by en braai tot die olie uitkom. Roer die tamaties, borrie en rys by, en voeg 4 koppies (1 liter) van die aftreksel by. Bring tot kookpunt. Verminder dan die hitte en prut vir 15 minute, terwyl jy nou en dan roer, tot die rys net gaar is. Voeg die oorblywende aftreksel by as die rys te droog is en langer moet kook. Roer die ertjies, die helfte van die pietersielie, die mossels en vis deur en maak deurwarm vir ’n minuut of twee.
Pas die geur aan met ’n bietjie sout en peper, garneer met die oorblywende pietersielie en suurlemoenskyfies en sit dadelik voor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za