Vulsel
1 x 400 g blikkie Lucky Star sardyne in soetrissiesous
Sous
kookolie, vir braai
1 klein ui, geskil en opgesny
2 knoffelhuisies, gekap
1 teelepel (5 ml) fyn komyn
sout en peper, na smaak
sap en skil van 1 suurlemoen
Tacos
4 tortillas/voupakkies (of ’n pak met 10 sagte taco-skulpe)
½ kop ysbergslaai, gesnipper
1 baba-rooikool, gesnipper
1 avokado, ontpit en opgesny
handvol vars koljanderblare
Salsa
1 x 410 g blikkie heelpitmielies
2 sprietuie, fyngesny
2 medium tamaties, fyngekap
1 klein handvol vars koljander, gekap
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap (opsioneel)
½ eetlepel (7,5 ml) olyfolie
Vulsel
Dreineer die sardyne en haal uitmekaar. Behou die sous.
Verhit ’n bietjie van die olie in ’n kastrol en voeg die uie, knoffel en komyn by. Braai tot sag en verbruin.
Voeg die oorblywende sardynsous by, geur met sout en peper, en roer tot effens verdik.
Verwyder van die hitte, voeg die helfte van die suurlemoensap by en roer liggies by die sardyne. Sit eenkant en hou warm.
Tacos
Indien jy groot tortillas of voupakkies gebruik, sny taco’s van 3 x 9cm uit elkeen. In ’n skoon, droë braaipan, verhit die taco’s tot effens bruin en opgepof, maar nie bros nie. Pak uit op ’n skoon oppervlak. Vul elke taco met ’n handvol gesnipperde blaarslaai, rooikool en ’n paar skyfies avokado. Bedek met ’n lepelvol elk van die sardynmengsel en die salsa. Garneer met koljanderblare.
Salsa
Dreineer en spoel die mielies af. Meng die sprietuie, mielies, tamaties, koljander, brandrissie, oorblywende suurlemoensap en -skil. Roer die olyfolie by en sit voor saam met die tacos.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za