Brood
2 koppies (500 ml) meel
1½ teelepel (7,5 ml) gis
2 teelepels (10 ml) sout
1½ teelepel (7,5 ml) suiker
½ koppie (125 ml) louwarm water
Bredie
1 x 85 g blikkie Lucky Star Gerookte Mossels, gedreineer
1 x 400 g blikkie Lucky Star Sardyne in Tamatiesous
kookolie, vir braai
1 groot ui, geskil en in blokkies gesny
2 knoffelhuisies, gekap
2 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
2 groen brandrissies, ontpit en fyngekap
2 lourierblare
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
2 koppies (500 ml) groente- of visaftreksel
sap van 1 suurlemoen
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
½ bossie spinasie, stingels verwyder en grof opgekap
Brood
Meng die droë bestanddele in ’n bak.
Roer die water by en meng goed.
Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.
Sit eenkant in ’n geoliede bak om te rys – dit sal sowat 30 minute neem.
Bring ’n bietjie water tot kookpunt in ’n groot pot, laat sak die bak in die pot en bedek met ’n groot potdeksel.
Kook vir 50 minute.
Keer uit en laat afkoel voor jy dit opsny.
Bredie
Terwyl die brood stoom, verhit ’n bietjie olie in ’n medium pot.
Voeg die uie, knoffel, gemmer, brandrissies en lourierblare by en kook oor medium hitte tot die uie sag en goudkleurig is.
Voeg die rooi soetrissie, aftreksel en suurlemoensap by, bring tot kookpunt en voeg die aartappelblokkies by.
Kook tot die aartappels sag is – sowat 10 minute.
Verlaag die hitte, voeg die spinasie by en roer tot net sag.
Verwyder van die hitte en roer die gedreineerde mossels en sardyne saam met die sous by.
Sit die bredie in vier groot bakke voor saam met stukke gestoomde brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za