250 g spek, in blokkies gesny
275 g (1 blikkie) Weense worsies in soutwater, gedreineer
500 ml (2 koppies) cheddarkaas, gerasper
15 ml (1 eetlepel) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 eetlepels) koekmeel
15 ml (1 eetlepel) droë mosterdpoeier
250 ml (1 koppie) volroommelk
3 ekstragroot eiers, geklits
knypie sout en peper
Stel oond op 180 °C.
Sprinkel gekapte spek in ‘n oondtertbord van 20 cm-deursnee, wat met kossproei gespuit is.
Sny worsies in skyfies en gooi oor.
Sprinkel kaas en pietersielie oor.
Meng die koekmeel en mosterdpoeier en voeg die helfte van melk daarby.
Roer tot gladde beslag vorm.
Roer die oorblywende melk, eiers, sout en peper by.
Giet dit oor die bestanddele in oondtertbord.
Bak vir 35 minute of tot goudbruin.
Sit warm of teen kamertemperatuur saam met slaai voor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za