beesskenkel (enige bees stowevleis sal werk)
1 teelepel heel koljander
1 groot ui, opgesny
4 heel knoffelhuisies
3 wortels, opgesny
2 stele seldery, opgesny
1 blikkie tamaties
2 koppies (blokkie) aftreksel (bees, beesstert of hoender)
½ koppie rooiwynasyn
1 teelepel heel peperkorrels
2 loerierblare
2 stukkies heel kaneel
2 takkies vars roosmaryn of tiemie (vervang met 1 eetlepel droë roosmaryn of tiemie)
Voorverhit die oond tot 140 grade.
Rooster die koljander in 'n pan sonder olie tot jy dit begin ruik. Dit brand vinnig vas. Beweeg dit gereeld rond in die pan.
Braai die beesskenkel in 'n pan tot goudbruin. Sprinkel sout oor die vleis.
Plaas al die bestanddele in 'n oondbak met 'n deksel wat knus pas.
Bak in die oond vir 3 ure, of tot die vleis sag is en uitmekaar begin val.
Bedien met koring of rys.
Wenk
Dei oorskiet kan met die koring gemeng word en in 'n lekker pot sop omskep word.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za