1 heel hoender
15 ml gerookte paprika
10 ml rissiepoeier
30 ml sout
15 ml gedroogde oregano
10 ml gemaalde komyn
2 ml fyn kaneel
3 knoffelhuisies
60 ml bruin asyn
45 ml olyfolie
Plaas die hoender op ‘n houtbord met die borsies na onder en die oliekliertjie na bo.
Gebruik ‘n skerp kombuisskêr en sny aan weerskante van die olieklier aan weerskante van die ruggraat om dit te verwyder.
Maak die hoender oop en draai dit om.
Druk met die palm van jou hand hard op die hoender om die karkas plat te druk.
Meng die rissiepoeier, sout, oregano, komyn, kaneel, knoffel, asyn en olyfolie in ‘n mediumgrootte glasbak.
Plaas die hoender in die bak en gebruik jou hande om die hoender goed in te vryf met die mengsel -sorg dat die geurmiddels goed versprei is.
Bedek die hoender en plaas dit in die yskas vir ten minste een uur, of beter nog, oornag.
Haal die hoender minstens 20 minute voor jy dit rooster uit die yskas.
Hou die marinade om dit tydens die roosterperiode te bedruip.
Draai die hoender een of twee keer om tydens gaarmaak, en voeg ‘n paar kole by indien nodig.
Wees versigtig wanneer jy die hoender omdraai dat die vel te skeur nie, anders sal die hoender droog wees.
Braai tot jy duidelike roostermerke sien, en die sap helder word as dit getoets word, of probeer die “poottoets” soos in oondbraai – ss jy die pootjie draai, kom dit maklik los van die hoender.
Bedien met bakke vol suurroom, guacamole en warm tortillas.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za