45 ml olie
4 uie, fyngekap
1 soetrissie, fyngekap
1,5 kg lam- of skaapstukke
5 lourierblare
3 knoffelhuisies, fyngekap
3 heel wonderpeper (pimento)
sout en peper na smaak
45 ml tamarindpasta gemeng met 250 ml gekookte water en 45 ml suiker
(As jy nie tamarindpasta het nie, vervang dit met 45 ml asyn en 45 ml suiker)
Verhit die olie in ‘n groot pot oor medium hitte.
Voeg die uie en soetrissies by en braai tot bruin.
Voeg die vleis by en verbruin dit.
Voegt die lourierblare, knoffel, wonderpeper, sout en peper by en laat dit smoor vir 3 minute.
Voeg die kookwater by, en laat dit vir 30 minute kook oor mediumhitte.
Roer gereeld.
Voeg die tamrindmengsel by, en kook oor mediumhitte tot die vleis sag is en dit verdik het.
Bedien met geelrys of kapokaartappels en groente.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za