Wenke vir in en om die huis en kombuis
Meng ‘n ¼ koppie wit asyn in ‘n spuitbottel met 2½ koppies water en ½ teelepel skottelgoedseep. Die kombinasie van skottelgoedseep en asyn as algemene skoonmaakmiddel is uiters doeltreffend, want asyn op sy eie sal van die meeste oppervlaktes afloop, terwyl skottelgoedseep te dik is om as spuitmiddel te gebruik. As jy dit meng, kry jy ‘n spuitbare skoonmaakmiddel wat aan enige oppervlak (bv. vensters, spieëls) sal vasklou!
NIEKIE SE BELANGRIKSTE WENK: Leer jou stoofplate ken om te keer dat kos aanbrand. Veral die ou soliede stoofplate behou hitte goed, so jy kan dit afdraai na ‘n laer hitte sodra dit warm genoeg is, of jou kos kookpunt bereik het.