Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Blansjeer die ui in die olie in ‘n pan.
Voeg die maalvleis by asook sout en peper na smaak.
Sodra dit gaar is, voeg die kerrie, appelkooskonfyt, brood, borrie, asyn, 2 van die eiers (geklits) en die sultanas by, en meng goed.
Plaas die mengsel in ‘n oondbak.
Steek die suurlemoenblare in die vleismengsel.
Klits die ander twee eiers saam met die melk.
Giet die eier-en-melk-mengsel oor die vleis.
Bak dit totdat die eiermengsel bo-op gestol het (15 – 20 minute).