Lewer 7,25 liter
20 minute (fermentasie uitgesluit)
5 ml suiker
500 ml louwarm water
10 g kitsgis (15 ml – 1 pakkie)
600 g strooisuiker (750ml)
15 ml wynsteensuur
250 ml suurlemoensap
20 ml suurlemoenskil
3 liter sterk rooibostee (6-10 sakkies)
3,5 liter koue water
Los die 5 ml suiker op in 500 ml louwarm water.
Sprinkel die kitsgis oor, en hou eenkant tot dit skuimerig is, sowat 10 minute.
Meng die res van die bestanddele met die gismengsel, en roer tot goed gemeng.
Bedek met ‘n klam lap of kleefplastiek, en los op ‘n warm plek vir sowat 12 uur.
Vryf/druk die mengsel deur ‘n moeseliendoek, en gooi die bier in bottels en seel.
Laat staan op ‘n koel plek vir 3 dae.
Verkoel voor opdiening.Â
Wenk
Aangesien die bier baie skuim, maak seker dat die bottels stadig en versigtig oopgemaak word, sodat die bruiswater sak voordat die deksel heeltemal verwyder word. Dit moet op ‘n koel plek gebêre word anders sal die gis te vinnig fermenteer, en die bottels kan ontplof (gebruik verkieslik plastiekbottels).
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za