40 cm paellapan of skottelbraaipan
2 koppies pealla-rys of gewone rys (as jy paellarys gebruik sal jy meer vloeistof nodig hê)
2 uie, fyngekap (behou die skille en enige klein stukkies vir die aftreksel)
3 rooi soetrissies, fyngekap (behou die pitte en vir die aftreksel)
3 knoffelhuisies, grof gekap
24 medium garnale, skoongemaak (behou die koppe en doppe vir die aftreksel)
24 vars mossels, skoongemaak
600 g calamari (heel, nie ringe nie)
800 g vars vis, in 50 g blokkies gesny
gerookte paprika (gebruik die duur, goeie Spaanse paprika)
250 g gevriesde ertjies, net-net ontdooi
kookolie
suurlemoene
Maak eerste die aftreksel deur 3 liter water saam met die garnaalkoppe en al die groente se afvalstukkies in ‘n pot tot kookpunt te bring.
Laat dit vir 30 min eenkant staan.
Dreineer, en hou die aftreksel eenkant.
Die vuur moet redelik warm wees in hierdie stadium.
Braai die uie en soetrissies saam in die paella-pan tot sag.
Voeg die knoffel by, en kook vir twee minute.
Voeg die die rys by, en roer goed deur. Die rys moet eweredig in pan te wees.
Voeg genoeg van die aftreksel by om al die rys te bedek.
Skuif die pan ‘n bietjie weg van die warm kole na ‘n laer hitte.
Maak die pan toe met foelie, en laat die rys al die aftreksel absorbeer.
Sondra die aftreksel geabsorbeer is, voeg nog by. Jy moet proe om te sien hoe ver van gaar die rys is. Indien die rys amper gaar is, sprinkel die gerookte paprika sprinkel bo-oor.
Pak die seekos bo-op.
Voeg die laaste bietjie aftreksel by (jy mag dalk nog aftresel oor hê, en dis reg so)
Bedek die pan met die foelie.
Die seekos sal ongeveer 10 tot 15 minute neem om gaar te stoom. Moenie die foelie afhaal nie!
Voeg die ertjies sowat 5 minute voor die einde van die kooktyd bo-oor.
Haal die pan van die vuur af, en laat dit vir vir n paar minute rus.
Bedien met skywe suurlemoen.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za