1½ koppies bruinlensies, gewas
1½ koppies medium korrel witrys, gewas
2 koppies (elmboog) pasta
1 blikkie kekerertjies
1 teelepel koljanderpoeier
2 uie, in ringe gesnyolie
Tamatiesous
olie
2 uie, gerasper
5 toontjies knoffel, gekerf
1 teelepel koljander
2 blikkies fyn tamaties
1 eetlepel wit asyn
Kook die lensies tot amper sag, en dreineer dit.
Voeg die rys en 1 eetlepel olie by die lensies.
Voeg peper, sout en koljander by.
Kook op mediumhitte en roer vir 5 minute.
Bedek met kookwater, en kook tot sag.
Voeg die kekerertjies by 5 minute voor die rys gaar is.
Kook die pasta apart, dreineer en voeg by die rysmengsel.
Braai die uieringe tot bruin en meng by.
Tamatiesous
Verhit die olie, en voeg die gerasperde ui, knoffel en koljander by.
Roer die tamaties by, en dan die asyn.
Roer saam.
Bedien in ‘n plat bak met pastamengsel buite om, en tamatiesous in die middel.
Plaas nog bros uie bo-op, en bedruip met sap van 2 lemmetjies oor die pastamengsel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za