Kook die spaghetti vir 10 minute in kookwater, waarby jy ‘n knippie sout gevoeg het.
Moenie die spaghetti afspoel nie – dreineer dit en plaas dit terug in pot en hou eenkant. As jy wil, roer ‘n stuk botter of margarien deur om die spaghetti los en romerig te maak.
Braai die uie in ‘n bietjie olie waarby jy die lourierblare, naeltjies, kaneel, komyn en rissie voeg.
Sodra die uie sag en deurskynend is, voeg die kerriepoeier, borrie, knoffel, gemmerpasta en tamatiesous by.
Roerbraai tot alles lekker deurgemeng is en nie meer rou ruik nie.
Voeg ‘n bietjie water by sodat die mengsel nie vasbrand nie.
Voeg hdie oenderstukke by en kook tot gaar – omtrent 20 minute.
Roer die joghurt by om ‘n lekker dik sous te maak.
Meng die spaghetti met die hoendersous.
Strooi ‘n handvol klapper oor en roer tot goed gemeng. Die klapper gee tekstuur, geur en neem die dis na ander hoogtes.
Garneer die dis met vars gekapte koljander.