1 Springbokboud
250 g varkspek in 1 cm blokkies gesny
2 knoffelhuisies in repies
1 koppie meel
4 teelepels paprika
Sout en peper na smaak
1 ui in blokkies gekap
2 wortels, geskil en in growwe stukke gesny
Sap van 1 suurlemoen
1 koppie olyfolie, of olie van jou keuse
2 koppies vleisaftreksel
2 koppies water
Tonnel klein gaatjies in die boud, saam met die grein van die vleis en druk die varkspek en repies knoffelhuisies in die boud.
Meng die meel, paprika sout en peper.
Rol die boud in die meel en braai bruin in ‘n swaarboomkastrol.
Haal die boud uit en plaas die uie en wortel onder in die kastrol.
Plaas die boud terug in die kastrol op die uie en wortel en pak ‘n korsie van die meel bo-op die boud.
Voeg versigtig die suurlemoensap, olyfolie, vleisaftreksel en water by.
Bedek en braai stadig in oond by 160’C vir 20 min per 500g, of tot gaar.
Behou die vog in die kastrol om ‘n sous te maak.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za