Biscotti is ʼn Italiaans van oorsprong en beteken “twee keer gebak”. Dis heerlik met koffie, of bedien met ʼn glasie soet wyn na ‘n maaltyd. Hierdie resep lewer ongeveer 30 beskuitjies, en sal ongeveer 3 weke lank vars bly in ʼn lugdigte houer.

300 g koekmeel
150 g witsuiker
120 g heel amandels, effens grofgekap
2 eiers
gerasperde skil van 2 medium lemoene
5 ml (1 t) bakpoeier
knippie sout
1 geklitste eiergeel, gemeng met 2 eetlepels water
Stel oond op 180˚ C.
Meng eiers, suiker en lemoenskil.
Voeg meel, bakpoeier en sout by, en knie totdat alles goed deurgemeng is.
Voeg die amandels by.
Verdeel die deeg in 2 dele, en vorm elkeen in ʼn langwerpige broodjievorm.
Plaas die deeg op ʼn bakplaat op die middelste oondrak, en bak vir ongeveer 20 minute.
Haal dit uit die oond, en laat die rolletjies afkoel.
Sny skywe van ongeveer 1,5cm dik, en plaas terug op die bakplaat.
Bak weer in die oond vir ongeveer 15 minute totdat dit effens verbruin het.
Draai om en bak aan die ander kant.
Laat dit afkoel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za