Denningvleis is een van die geregte wat ons geërf het van ons Maleisiese voorsate. Dis een van die bekendste geregte in hulle koskultuur. Ek gebruik dié resep gereeld. Ek het dit gekry by ‘n kosvriendin, Cariema Isaacs, wat al ‘n hele paar resepteboeke uitgebring het, hoofsaaklik oor Kaap-Maleise kos. Cariema is ‘n uitstekende kok en kosskrywer, en hierdie resep is baie gewild onder Kapenaars.