Genoeg vir 4 persone
1 lamsribbetjie, opgesaag in porsies en sigbare vet verwyder
350 g blomkoolstukke
2 groot uie, dun opgesny
1 blikkie kekerertjies
Marinade
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 teelepel borrie
2 lourierblare
2 kaneelstokkies
1 teelepel heel komyn
2 eetlepels bruin asyn
3 eetlepels bruin suiker
2 teelepels knoffel/gemmer pasta
sout en witpeper na smaak
Vryf die marinade in die vleis in, en marineer oornag in yskas.
In ‘n groot pan, of vlak pot, braai die uie in 1 eetlepel olie tot sag en deurskynend.
Haal ribbetjie uit marinade, en druk dit effens droog.
Behou die marinade vir later.
Plaas die ribbetjies in die pot met die uie, en verbruin effens.
Voeg ongeveer 1 koppie louwarm water by, en laat dit prut vir ongeveer 30 minute of tot die vleis sag is.
Voeg die blomkooolstukke by, en kook op medium hitte totdat die blomkool sag is.
Voeg die kekerertjies by, en roer deur sonder om blomkool te breek.
Haal die pot van die hitte af, en geur met sout en peper na smaak.
Bedien met rys.
Bedien met vars opgekapte koljanderblare.
Opsioneel: Die marinade kan tydens die kookproses bygevoeg word indien jy dit so sou verkies vir ekstra geur. Voeg dit by sodra die vleis amper sag is, en voordat jy die blomkool byvoeg.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za