Ek maak dit gewoonlik voor die tyd sodat al die geure goed kan ontwikkel tot etenstyd. Die soetsuur asynsousie is ook lekker oor ‘n groenslaai of aartappels of skyfies, as jy daar oorbly vir later. Bedek dit hou in die yskas tot nodig.

3 groot tamaties, fyngekap
2 groot uie, fyngekap
125 ml (halwe koppie) vars koljander
250ml (1 koppie) asyn
sout en swartpeper na smaak
suiker na smaak
vars rissie, fyngekap (opsioneel en na gelang van hoeveel jy kan/wil eet)
Plaas die tamatie en uie in ‘n glasbak (beter as gevolg van die asyn en tamatie).
Voeg sout en peper na smaak by.
Voeg die asyn by.
Voeg ‘n eetlepel suiker by. Ek verkies om strooisuiker te gebruik, want dit los vinniger op en los geen korreltjies in die sous nie.
Roer en proe of dit so lekker soetsuur smaak het.
Pas die suiker aan tot die balans na jou smaak reg is.
Voeg die gekapte koljander by, en roer deur.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za