Thomas Thomson is ‘n mode-ontwerper wat al heelwat glanspersoonlikheid geklee het. Hy het hierdie resep op sy reise in Stockholm raakgeloop.
Thomas Thomson is ‘n mode-ontwerper wat al heelwat glanspersoonlikheid geklee het. Hy het hierdie resep op sy reise in Stockholm raakgeloop.
Frikadelle
500 g maalvleis
halwe koppie broodkrummels
halwe ui, gekap
pietersielie, gekap
sout en peper na smaak
gemengde kruie, na smaak
½ teelepel neutmuskaat
1 eier
Sous
50 g botter
59 g meel
500 ml beesaftreksel
250 ml room
20 ml Worecestersous
20 ml soet mosterd
Meng die frikadel-bestanddele, en vorm dit in balletjies.
Braai die frikadelle in olie en botter en hou eenkant.
Meng die botter en meel, en laat dit vir ‘n minuut kook.
Voeg die res van die sous se bestanddele by en meng goed.
Braai die frikadelle in warm sousmengsel.
Sit voor met Basmatirys en pietersielie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za