Uit: Daar’s ’n man in my kombuis deur Tobi Jooste
Dis vir my altyd ‘n uitdaging om genoeg plek in of op die stoof te hé om die hoofgereg voor te berei én dan terselfdertyd te dink aan die voorgereg wat moet warm bly. Dié inspirasie kom seker maar van die sosttee in my Oupa se fles wat altyd onder die bakkie se sitplek uitgerol het wanneer ons saam met hom op die plaas die veld ingery het. Hoekom nie sop voorberei en warm hou in ‘n koffiefles nie? Maak dit al die middag en dit bly warm tot wanneer die gaste reg is om te eet. Jy is welkom.