1 middelslag rooi ui, in klein blokkies gesny
1 middelslag wit ui, in klein blokkies gesny
1 halwe rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
1 halwe groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 halwe geel soetrissie, in klein blokkies gesny
1 eetlepel olyfolie
2 teelepels rooipeper
2 teelepels sout
2 teelepels peper
1,5 kg boerewors
250 g cheddarkaas
250 g mozzarellakaas
soetrissiesous
Verhit die braai tot 180 grade Celsius, of stel die stoofplaat op 5.
Braai die uie en soetrissie in die olyfolie.
Voeg die rooipeper, sout en peper by en braai tot gaar.
Maak ‘n snit in die wors, sodat jy dit kan oopvou, en braai die wors tot halfpad gaar.
Skep die gaar soetrissie en uie op die wors.
Strooi die kaas bo-oor, en los dit op die stoof of braaier totdat kaas gesmelt is.
Haal af en bedien met soetrissiesous.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za