1 eetlepel olie
1 teelepel botter
1 ui, grofgekap
1 knoffelhuisie, grofgekap
4 vars tiemietakkies
5 kg vars mossels, baarde uitgetrek
½ koppie witwyn
Verhit ’n groot pot op die stoof en gooi die olie en botter in.
Wag tot die botter behoorlik gesmelt is en voeg die ui, knoffel en tiemietakkies by.
Roer tot die uie so effe deurskynend is.
Voeg nou die mossels by en sit die deksel op.
Haal die deksel na omtrent 5 tot 7 minute af.
Die meeste mossels behoort nou oop te wees.
Voeg die wyn by en kook vir ’n verdere 3 minute.
Haal van die stoof af en bedien so gou moontlik terwyl dit nog warm is.
Skep in ’n lekker diep bak en bedien met vetkoek of varsgebakte brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za