2,5 kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10g pakkies kitsgis
250 ml anyssaad
250 g botter, gesmelt
1 x 385 g blik kondensmelk
louwarm water om deeg mee te knie
Verhit die oond tot 200 grade Celius.
Sif die koekmeel, sout, kitsgis en anyssaad saam in ‘n mengbak.
Meng die gesmelte botter en kondensmelk saam.
Voeg dit by die droë bestanddele, en meng goed.
Voeg louwarm water bietjie-bietjie by om die deeg ‘n sagte rekbare vorm te gee.
Knie goed.
Plaas die deeg in ‘n emaljeskottel en bedek
Plaas die skottel op ‘n warm plek, in ‘n sonkol.
Die deeg moet tot dubbel die grootte rys.
Knie die deeg weer tot die oorspronklike grootte af.
Vorm bolletjies van die deeg, en pak dit in gesmeerde broodpanne.
Bedek die panne.
Laat die deeg die panne vol rys.
Bak vir 10 minute teen 200 grade.
Stel die oond laer tot 180 grade, en bak vir 35 minute.
Keer die beskuit uit die panne, en laat afkoel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za