1 – 2 sprietuie, gewas en gekap (Hou die wit en groen dele van die sprietui apart)
2 groot eiers
1 koppie gevriesde groente (wortels, mielies en ertjies)
1 teelepel sout
peper na smaak
4 eetlepels sesamolie
3 koppies koue gekookte rys
2 eetlepels sojasous
Klits die eiers liggies saam met die sout en peper.
Verhit ‘n braaipan en voeg sesamolie by.
Braai die groente en die wit gedeelte van die sprietui tot sag.
Krap dié mengsel eenkant.
Voeg die geklitste eier in pan en roer tot gaar. (Dit moet soos roereier lyk)
Voeg die rys by.
Roerbraai vir ‘n paar minute met ‘n houtlepel om alles goed te meng.
Roer die sojasous in.
Meng deeglik.
Gooi die groen gedeelte van die sprietui bo-op.
Bedien warm.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za