4 gaar aartappels, geskil en in skywe gesny (moenie fyn maak nie)
mayonnaise
500 g maalvleis
olie
1 ui, gekap
30ml gemengde speserye
1 blik tamaties
2 knoffeltoontjies, Â gekap
20 ml Worcestersous
20 ml blatjang
1 blokkie beesvleisaftreksel
braaispesery na smaak
peper na smaak
1 blik gemengde groente
Braai die ui en knoffel in olie tot gaar.
Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Geur die maalvleis met die braaispesery en peper.
Voeg res van bestanddele by, en kook vir ‘n paar minute saam.
Skep die maalvleis in ‘n oondbak.
Pak die aartappels bo-op die maalvleis.
Smeer die mayonnaise bo-oor die aartappels.
Bak teen 180 grade tot die aartappels bruin bo-op is.
Bedien saam met rys en slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za